Not just a pretty lady, maar definitief die brains ook. Daar is min wat 'n melktert so lekker kan bak, of 'n diy huis projek self so goed aanpak.
Een ding is vir seker...Die liefde vir fietsry, braai en die 3 Erasmus dogters loop sterk. Vat een van die 3 goed weg, en daar is moeilikheid.
Gunsteling quote- " Die lewe is 'n lied, daar is nie klagtes nie"
Die oudste suster wat altyd op staan vir wat goed en reg is vir die jongste (Adriaan). Sy is die oor wat altyd luister en die een wat altyd verstaan. Vir beter regs advies kon ek nie vra nie, selfs al is dit soms ongevraagd.
Uit die oog, maar definitief nie uit die hart. Al is jy ver weg en in 'n ander land, bly jy nogsteeds gereeld in ons gedagtes. AL kan jy nie persoonlik hierdie geleentheid met ons deel nie, weet ons dat jy en jou gesin in gees by ons sal wees. Mis julle vreeslik...