
Ons paaie het alreeds 'n paar jaar gelede gekruis by 'n plek wat al wegkyn het in mense se gedagtes. Sy was die jong (kroeg) dame en ek die baas wat haar alles moes leer, min het ek geweet dat daardie rolle kort daarna sou verander.
Vyf jaar later het ons ware verhaal begin en met 'n "vinnige veeghou na regs" het ons lekker begin gesels en gelag oor al die manewales van vroeër. Haar lag wat mens duidelik hoor van 'n ander vertrek en haar aansteeklike lus vir die lewe het my vinnig verlief gemaak. Ons harte het dieselfde taal gepraat en wat vriendskap was het spoedig in liefde verander wat duidelik nie maklik geblus kon word nie.
Uit hierdie liefde het ons, ons grootste geskenk ontvang, en terwyl ons nog besig was om te beplan om "een" te word, toe word ons sommer drie. Die tyd het wel nou aangebreek vir ons om die knoop deurhaak en niks sal vir ons meer beteken as om julle te betrek...