WEDDING WEBSITE FORMAT

Daniëlle & Adriaan

October 5, 2019

WELKOM

×
Dis met groot dankbaarheid en hope liefde dat ons julle verwelkom en uit nooi na ons groot, droom dag waar ons met mekaar gaan trou.

Gaan loer gerus na al ons fotos en deel saam met ons, ons verhaal van liefde, geluk, vrolikheid en lag. Stuur solank al vir ons 'n boodskap van hoe julle ons ken en moenie vergeet om te RSVP nie.

Ons tel die dae af na hierdie groot geleentheid.
ONS VERHAAL
Diens
Sat
Oct 5
2019

3:30 pm

Viewpoint, Matume Sawmills
GV 26
Georges Valley

Tzaneen, Limpopo

Kleredrag

Formele Somersdrag

Dit is tog Limpopo, so wees reg vir hitte, humiditeit en moontlikheid van reën. Mans lyk altyd goed in 'n chino en knopies hemp.
Dames,' n mooi rok en iets warm vir later. Hakkies kan werk, hou net in gedagte dis op 'n grasperk.

BELANGRIKE GESIGTE
Strooimeisies
Angelique Cant
Angelique Cant
Bestie
Soos vinkel en koljander, kaas en wyn, so loop die Avonture van Angelique en Daniëlle. Met 20 jaar in die boeke en 'n hele skoolloopbaan saam, is daar min dinge soos hierdie onskeibbare vriendskap en gehegde band.
Cassandra McGaffin
Cassandra McGaffin
Niggie
'n Niggie is jou eerste beste vriendin en daar in die beste herinneringe. Al die skool vakansies, groot familie partytjies en groot oomblikke is ek nog altyd vir seker om dit te geniet saam die krulkop beaut. Altyd reg vir 'n grappie en avontuur!
Strooijonkers
André van Niekerk
André van Niekerk
Agter hierdie ernstige man wat raad en advies het vir elke geleentheid, is daar die vriend wat ook saam met jou op 'n tafel sal spring en uit volle bors saam sal Mika sing en dans. Hy is iemand waarop jy ten alle tye kan staat maak, selfs al is dit om brandewyn te drink tot jy 'n ysmasjien wen.  Deur dik en dun en 'n glasie gin staan ons vriendskap vas deur al die jare.
Dean Aka Tubby Barnard
Dean Aka Tubby Barnard
 Jou persoonlikheid en manier om enige geleentheid in 'n fees te verander is twee van die vele eienskappe wat jou so goeie vriend maak. Altyd reg om 'n oor te leen vir die moeilike tye en te ondersteun en staan nooit terug as daar moet kattekwaad aangejaag word nie. As ons saam kuier is dit altyd lekker...welkom by die #weesfees!
Erasmusse
Talita Erasmus
Talita Erasmus
Moeder van die bruid

Not just a pretty lady, maar definitief die brains ook. Daar is min wat 'n melktert so lekker kan bak, of 'n diy huis projek self so goed aanpak.


Deon Erasmus
Deon Erasmus
Pa van die Bruid

Een ding is vir seker...Die liefde vir fietsry, braai en die 3 Erasmus dogters loop sterk.  Vat een van die 3 goed weg, en daar is moeilikheid. 

Gunsteling quote- " Die lewe is 'n lied, daar is nie klagtes nie"

Sharon Erasmus
Sharon Erasmus
Ons ander ma
The not so wicked stepmother. Vroeër jare moes ons bederf met voet  vryf sessies, nou word ons bederf met lekker wyn en laat aand chats.
Natasha Kelder
Natasha Kelder
Koördineerder, ousus en semi professionele speurder
As jy iets wil weet, praat jy met Tasha! Sy is 'n pro in iets uit sniffel, Pinterest idees bymekaar sit en mense saam kry. Tash Pash weet van mooi maak en mens spesiaal laat voel. Always the extra mile.
Nicole Erasmus
Nicole Erasmus
Kleinsus
Nickels. Coli doli. Die ou kleintjie. Altyd daar met 'n cool selfie of filosofiese quote. Al is jy nou groot, is jy altyd die kleintjie in ons harte
Verschoor's
Jan Verschoor
Jan Verschoor
Pa van die bruidegom
Wysheid so ver en wyd soos die Heer se genade is wat uit die man straal. Meeste mense wat hom ontmoet kyk op na hom, nie net uit respek nie maar ook oor sy lengte. Liefde vir sy medemens is duidelik sigbaar sodra jy hom ontmoet.
Marietjie Verschoor
Marietjie Verschoor
Ma van die bruidegom
'n Vrou wat nie terug staan om in te spring en te help waar sy kan nie, al is dit selfs net met 'n opinie of twee. Haar liefde vir haar drie kinders is iets besonders spesiaal en soos 'n hen oor haar kuikens het sy ons altyd onder 'n wakende oog beskerm. 'n Goeie vrou, 'n beter ma en die heel beste ouma.
Petru Keet
Petru Keet
Bruidegom se Suster

Die oudste suster wat altyd op staan vir wat goed en reg is vir die jongste (Adriaan). Sy is die oor wat altyd luister en die een wat altyd verstaan. Vir beter regs advies kon ek nie vra nie, selfs al is dit soms ongevraagd.

Tulise Victor
Tulise Victor
Bruidegom se Suster

Uit die oog, maar definitief nie uit die hart. Al is jy ver weg en in 'n ander land, bly jy nogsteeds gereeld in ons gedagtes. AL kan jy nie persoonlik hierdie geleentheid met ons deel nie, weet ons dat jy en jou gesin in gees by ons sal wees. Mis julle vreeslik...

AANWYSINGS
AANWYSINGS
Directions & Map

Aanwysings

Matume Sawmills, GV 26, Georges Valley, Tzaneen. Vanaf Pretoria: Ry Noord op N1 en so 10km voor Polokwane die N1/R71 bordjie vat en om Polokwane ry. Hulle werk aan die “bypass” so sal maar stadig gaan. Ry tot julle van bypass moet afklim aan linkerkant om regs onder brug R71 te vat. Tussen 50-60 km dan sal julle klein dorpie Haenertsburg aan regterkant ry. Net verby dit gaan julle regs draai op pad wat sê Tzaneen en Georges Valley R528. Vol slaggate. Ry so 20-22km dan sal julle bordjie kry wat se Appel/GV26/H Road by n stalletjie. Draai links en ry oor Letaba rivier (grondpad) vir 900m. Vat dan GV 26E en ry so 300m tot by die elektriese heining waar die funksie plaasvind by Nile en Rona se huis. Pas net op vir slaggate op GV pad. Dis Limpopo hierdie.

FOTO ALBUM