WEDDING WEBSITE FORMAT

Derick & Jozelle

August 7, 2022

Welkom

×
Ons wil graag ons spesiale dag met julle almal deel!
Stories
Die Begin
Ons Tyd
Derick se Kant
Ekstra Tyd
Einde van Skool
Nog 3 jaar
Kimberley
28 Desember 2021
Die Ring
Die Plaas
Verlowings Foto Sessie
Bachelor's party
Kombuis Tee
Ranteveld Plaas
Ranteveld Plaas
Ranteveld Plaas se Storie

Ranteveld Gasteplaas – Geskiedenis

Hendrik Petrus Grimbeek (gebore 16/12/1894) tree op 7 April 1925 in die huwelik met Paulina Johanna Roux (gebore 02/06/1899). Kort daarna koop Hendrik die plaas Hartebeesfontein 437, 18km buite Potchefstroom op die Paryspad. Toe hy en sy bruid daar aanland, was daar geen geboue of lopende water nie. Die eerste geboue, deur Hendrik self gebou, was van klip, en vir water moes daar geboor word.

Oupa Hendrik (oftewel Giffie, so gedoop vir sy kort humeur) het van niks af ‘n saaiboerery op die been gebring met aanvullende kuddes. Ouma Paula het op Rooipoort skoolgehou. Maandagoggende was sy met die donkiekar en kinders Rooipoort toe en Vrydagmiddae weer terug, oorgeslaap by ‘n nabygeleë plaas gedurende die week. Oupa Hendrik het mampoer gestook of eerder “Wittetjies” soos dit bekend gestaan het. Die klipgeboue en stookketel kan vandag nog op die plaas gesien word.

‘n Tradisie van die plaas was dat die Grimbeekfamilie, neefs, niggies, ooms en tantes op 1 Januarie elke jaar bymekaar gekom het op ‘n spesifieke plek op die plaas, genoem: die Nuwejaarsbos. Hul het met tente opgedaag en op Oujaar, gebraai, gedans en gekuier tot laataand. Nuwejaarsdag het hul van vooraf die feesvieringe laat vlamvat, krieket gespeel en sommer net lekker gekuier. Die Nuwejaarsbos bestaan uit Witstinkhoutbome wat oor jare heen so gegroei het dat dit ‘n natuurlike dak vorm wat geen sonlig deurlaat nie. Hierdie plek word ook as venue gebruik vir troues, veral as kapel.

Uit hul huwelik was ses kinders gebore. Etzard Johan Adolf Grimbeek (Mof, gebore 18/01/1927) was die oudste seun en het die plaas by sy vader geërf. Hy trou in 1950 met Lila Prinsloo. Pa Mof was ‘n skaap- en hoenderboer en ook die eienaar van ‘n perdryskool. Hy was ook lid van die SA-Boerperdtelersgenootskap. Ma Lila was ‘n musiekonderwyseres en koorafrigster tot en met haar aftrede.

Al vier hierdie voorouers is reeds oorlede.

Paulina Johanna Grimbeek (gebore 11/02/1967), jongste dogter van Mof en Lila en naamgenoot van ouma Paula, trou in 1989 met J.D. Aucamp. Paula erf die plaas na haar pa, Mof, se dood. Haar oudste sus, Marietjie, is in 2004 tragies aan kanker oorlede. Uit die huwelik van J.D. en Paula Aucamp word twee seuns gebore Dian en Zard. Hierdie seuns is die vierde geslag van die familieplaas.
Die finansiële naam van die plaas word in 2006 geregistreer as Ranteveld. Die huidige eienaars, J.D. en Paula, het die bestaande geboue gebruik vir die inrig van ‘n gastehuis. Die chalet en rondawel word verhuur as akkomodasie en ook as onthaalplek vir funksies en troues. Daarvandaan die naam Ranteveld Gasteplaas. Die plaas is geleë in die mooiste omgewing met ‘n verskeidenheid boomsoorte asook Suikerbosse. Lieflike klipkoppies en veld rond die prentjie af as ‘n bobaas bestemming!

Aanwysings

Ranteveld Bestemming

Aanwysings na die venue

Gaste huise
Gaste huise
Inligting

Daar is baie gastehuise in Potchefstroom en Parys beskikbaar. Ek sit 'n paar name en webadresse hier.

Makojalo

By Makojalo is daar elegante kamers. Die stal is omgeskep in 'n pragtige gastehuis.

Klein Plaas Gaste Huis

Daar is verniet Wifi, parkeering en 'n mooi tuin by hierdie gaste huis wat buite die dorp geleë is.

Kumkani Country Lodge

Hierdie lodge het 'n pragtige swembad, prentjie mooi tuine waar daar baie voëls gesien kan word.

Cosy Cottages

Cosy Cottages is in die dorp met kamers wat elk hul eie patio het. Daar is ook tuine wat gedeel word sowek as braai areas.

Opstal Gastehuis

Opstal Gastehuis het 'n tuin, verniet Wifi en parkeering. Daar is kamers vir paartjies sowel as vir gesinne.

2Owl Guest House

2Owlsguesthouse het 'n pragtige tuin uitsig met privaat parkeering vir gaste. Daar is kamers vir families en paartjies.

The Ancient Copper Shed

Hierdie pragtige gaste huis is gelee op 'n plaas met pragtige tuin uitsigte. Twee tot ses mense kan geakoomodeer word.

Adato Guesthouse

Adato het braai fasiliteite, vernier Wifi en mooi tuine. Daar is kamers vir twee tot vier mense.

Geskenke
Foto's