Welkom
Hierdie is ons trou webwerf waar ons al die opgewondenheid van ons groot dag met ons gaste wil deel.
Die digitale trou uitnodigings sal binnekort op die webwerf geplaas word vir gaste om te kan RSVP. Hou hierdie blad en julle elektroniese posbusse dop vir kennisgewings rakende die Rall Bruilof fees.
Ons vra ook dat elkeen van julle asseblief ons toepassing (wat nou App is in Afrikaans) sal aflaai op julle slim en duur fone. Die toepassing kan gebruik word om te RSVP, Fotos op te laai van die dag, om kennisgewings rakende die loop van die dag te ontvang en nog vele meer. Gaan gerus na die "ONS TOEPASSING" afdeling van die webwerf vir verdere instruksies.
Next page