Deur alles wat wild, "silly" en wonderlik is van "20 something" wees is ek en jy. Saam het ons lief geraak vir die Here. Ons het saam gesing en dans voor sy troon. Jy vul vandag nog my selfvertroue met jou vrolike positiwiteit.
Hierdie ongelooflike vrou was my ma se eerste baba en my heel eerste maatjie. Alles wat ek in 'n sussie wou hê. Jy sal altyd iemand wees na wie ek opkyk. Jou sukses in alles wat jy aanpak, sagte persoonlikheid, vriendlikheid en liefde vir mense en God, inspireer my. Jy is die "coolste" Tannie in die wêreld!
My sister from another mother. You are so strong! Although we grew up worlds away from each other and you are a true American now, our hearts still speak the same language. I've always known that you are my biggest fan. You have the remarkable ability to cheer me to my greatest heights and console me when I'm down. You put a silver lining around any of my dark clouds. You are pure sunshine!
My vriendskap met jou en Paul het saam begin op ons skooljare. Ek het dadelik geweet ek en jy gaan goeie vriende raak. Saam het ons besef ons kom met moord weg en het ons gereken ons kan maak net wat ons wil. Jy het my geleer dat Richelieu baier lekker is oor die toutjie goud is en dit is iets wat ek altyd by my sal dra. Daar is stories wat ek oor en oor vir mense kan vertel van ons wat insluit om saam vermis te wees, alleen drink speletjies te speel, van my ma se kar wat jy natuurlik help steel het en dan ook om saam in die Wiskunde klas onsself te ontklee tot in ons onderklere terwyl juffrou ons leer hoe om ons eie stofies in die boom te hang. Deur al die jare kon ek weet jy is net 'n oproep ver weg, veral op my verjaarsdae, waar ek jou 'n lui kan gee om jou te herinder dat ek verjaar. Jy het 'n goeie hart en daarom is ek en jy vandag nog vriende.
Dankie vir jou jarelange vriendskap en uitstekende bystand in moeilike tye, ook weer op my spesiale dag.
Ek het jou ontmoet op skool, maar leer ken by 'n huis partytjie. Jy het daardie aand snaakse sindrome gehad. Dit was vir my 'n fees om saam met jou 'n pad te stap en, om reguit te wees, oor die pad te stap. Ek en Frikkie moes wakker wees. Ons deel baie goeie lewensverhale saam. Jy het altyd so baie plannetjies gehad en nooit die tyd gehad nie en dit is net oor jy 'n gawe het om glad nie tyd te kan ken nie. Ou Paul, jy was ook altyd daar in die oggend ure. Ek sal ook altyd onthou hoe jy jou eie drankies in jou kar sal wegsteek as ons braai sodat jy eers die ander verversings kan geniet voor jy jou eie kan geniet. Jy het so baie goeie eienskappe wat jou uniek maak. Ons vriendskap is verskriklik sterk as jy kyk na die feit dat ons 13 opeenvolgende nuwejaars saam mekaar deurgebring het en dit sluit die nuwe jaar van 2020/2021 in.
Dankie vir jou jarelange vriendskap en teenwoordigheid op my spesiale geleentheid.
Jy het rooi hare en daarom is jy so gevaarlik soos vuur. Ek het jou ontmoet in ons eerste jaar op universiteit. Ons was saam in dieselfde koshuis en het ook natuurlik dieselfde studeer. Hoe sing Koos? "Ons het probeer skryf en lees, maar meeste van die tyd was ons in 'n partyt gees". Jy was nog altyd daar vir my as ek wil braai. Jy was ook nog altyd daar vir my as ek iemand soek om my te help met enige iets behalwe werk en leer. Ons het vir 7 jaar saam gebly en nie eenkeer kyk ek terug nie. Volgens jou land se wet was ons so te sê getroud, maar nou is ons darm na 'n lang wag geskei. Dankie vir jou vriendskap en ook al die dubbels wat ons vir lank enkel gehou het.
Ek waardeer jou vriendskap en bystand oor al die jare, maar ook op my spesiale dag.
Al is jy ouer, is dit ek wat jou jonk hou, daarom weet ek, is dit waarom jy vir my lief is. Ons vriendskap het ook op Potchefstroom begin toe ons eerstejaars was. Ek kan sê ons vriendskap het op 'n goeie noot begin wat in die klaskamer was, maar op 'n slegte noot het dit meer gegroei in die Draak of langs 'n braaier. Ons het jou so jonk gehou dat jy 03h00 die oggend besluit het om Durban toe te ry was 'n goeie idee. Dankie vir jou vriendskap en asook vir die hulp met my verlowing. Jy het my verlowingsvakansie vir my moontlik gemaak. Jy is 'n goeie profesionele mens met 'n sagte hart, maar verloor jou gesonde verstand baie vinnig na twee of drie biertjies.
Ek waardeer jou vriendskap en dankie dat jy spesiaal oorkom om my dag mee te maak.
Visagie, jy is 'n karakter op jou eie. Ons vriendskap het begin in 2011. Ons was eerstejaars in Villagers. Ek kan nie aan een persoon dink wat jou ontmoet het waar jy nie in hulle harte ingekruip het nie. Altyd die een wat saam met my die laatste wakker bly. Ook altyd die een wat my help met slegte goeie besluite in die vroeg oggend ure. Ek en jy kan die wêreld aanvat om 03h00 die oggend. Dit is nou om af Durban toe te ry of om 4x4 te gaan ry in Sodwana en vas te sit tot die son ons wys ontbyt is reg. Jy het baie gegroei deur die jare. Jy was 'n stil outjie en vandag na een biertjie haal jy in vir al die tye wat jy nie gepraat het nie.
Dankie vir jou goeie vriendskap en dat jy my sal bystaan op my spesiale dag.