
Alles het begin met 'n boek in Graad 10. Na ek vir Derick gevra het om 'n leesboek te leen het ons vriendskap begin. Na agt maande vra Derick my (uiteindelik) om sy meisie te wees.

Ons eerste date is 'n paar dae na ons nou saam is. Maar die date het egter 'n kinkel in die kabel; Heliané en haar vriendin kom saam. Derick daag op ge-dress en ge-press in 'n strikdas en knopies hemp. Ons speel ten-pin bowling en aan die einde eet ons vier saam my ouers. Dus het Derick die hele gesin ontmoet toe ons nog net drie dae uitgaan. Hy wen Heliané se guns deur om vir haar 'n donker sjokelade te gee. En gelukkig kry hy darm die stamp of approval van my ouers. Die res is geskiedenis!

Ek onthou al die naweke wat ons saam was; die elke Sondag aand kerk gaan. Op lui dae het ons dit net geniet om saam te wees en 'n paar episodes van 'n reeks saam te kyk. Soms het ons saam gesit en ek het gewonder waar oor ons nou gaan praat, maar dan as ons weer sien is 'n paar ure al verby. Ons het alles saam gedoen. Wanneer ons nie saam was nie het ons ge-whatsapp (darm het ons nou al nader aan mekaar gegrooi en kan 'n uur of wat gaan sonder om te stres as die ander een nog nie geantwoord het nie). Daar is nie woorde om te beskryf hoe gelukkig Jozelle my maak nie.

Ons deel passies soos lees en dans. Ons spoor mekaar aan om nuwe dinge te probeer soos perdry, drama, video games en saam kos maak.
(In die foto is ons saam by NG Oos se Badplaas uitreik.)

Die jare vlieg en voor ons ons oë uitvee is tyd vir matriek afskeid. My rok word gemaak en Derick kies 'n pers suit (met beitjie oortuiging is ek ook gelukkig met ons lig-pienk en pers look). En dan, eindeksamen. Ons leer saam (Derick help my deur IT en IGO en ek spoor hom aan om sy tale bietjie op te knap). Skool is klaar en ons albei trek en word bewus van die realiteit dat ons in 'n lang afstand verhouding gaan wees.

Drie jaar later en ons het nie net College oorleef nie maar ook drie jaar se langafstand verhouding. Naweek kuiers, lang oproepe en soms 'n bietjie trane, bring ons nader al is ons vêr van mekaar. Deur die jare was dit vir ons belangrik om altyd tyd te maak vir mekaar, al het dit beteken om saam te werk aan projekte of om bietjie harder te werk om in te handig voor 'n deadline. So het ons saam-saam dit deur die jare gemaak.

Na 'n jaar se saam werk en werk aansoeke doen kry Derick 'n werk in Kimberly en moet vinniger as laater begin. Twee maande in Kimberley en dan terug vir Kersfees. (In tussen maak Derick planne om dié vraag te vra. Hy betrek vir Heliané en vra my ouers se seën. Hy lig sy ouers en broers ook in.)

Derick se planne word realiteit op die 28ste Desember. Ons gaan uit vir ete by La Pentola (ek weet van niks). Na 'n heerlike ete word Derick stil en ek probeer my heel beste om die gesprek aan die gang te hou en hom kans te gee om homself reg te kry. Hy haal die boksie saggies uit sy sak, en maak dit oop. Binne is 'n mooi ring wat blink in die ligte. Hy kry sy woorde uit en ek sê ja!

Die ring is 'n plated gold band met a blou Aquamarine steen met drie klein diamante aan elke kant.

Ons het gaan kyk na my tannie se plaas in Potch en het 'n plek gekies om die seremonie en onthaal te hou. Ons is altwee vreeslik opgewonde oor alles wat voorlê!

Ons het terug gekeer na die plaas vir ons fotos. Ons het 'n heerlike oggend saam ons fotograaf, Dries Grimbeek geniet.
Nog van ons foto's kan gesien word in die Foto's afdeeling

Derick is verras met 'n bachelor's partytjie.
Dankie almal wat daar was en dit spesiaal gemaak het. Dit was 'n vreeslike lekker dag en verrasing vir Derick. Dit was lekker om almal weer te kon sien na só lang tyd.

'n Kombuis tee vir Jozelle.
Dankie aan almal wat daar was en dit 'n spesiale dag gemaak het. Dankie vir almal se geskenke en goeie wense, dit beteken baie en word waardeer.
Dankie aan die strooimeisies, Heliané, Helena en Lara wat alles gereël het, met hulp van die drie mamma's af.